Nes jy is ek ook ’n vrou met ups en downs op haar lewenspad. My rys brand ook vas. Ek baklei ook oor die leë Jack Daniels-bottel en die toiletflap en die nat handdoeke op die grond. Ek wil graag die soetgoed van my siel met jou deel.
Eerste wenk: As jy “af” voel, reik uit! Bak ’n appeltert of koop ’n bos goudgeel sonneblomme en gaan gee dit vir iemand wat nog swaarder as jy kry. Daar’s altyd iemand.
Op hierdie webwerf wil ek graag hoor van jou blydskap en jou pyn. Ek wil hê ons moet mekaar ondersteun en ophelp as die son die dag nie wil skyn nie!
Kom ons lig ons teekoppies, koffiekopies of sjampanjeglase op al die gratis soetgoed vir die siel!
Al my liefde, Susan x
![]() |
Hang ´n illustrasie deur Susan in jou huis! | |
|
Bie op een van 40 geraamde illustrasies, deur Susan self geskets! AL die wins word geskenk aan SAVF Famnet, so dis vir ´n fantastiese doel. Kliek hier en kies joune! lees meer...>> |
||
![]() |
Hallo al julle girls! | |
|
Gryp NOU ´n pen en merk in jou kalender af, 16-19 Maart 2012.
Kliek hier en lees hoekom!>> |
||
![]() |
Top 20 inspirasie vroue vir 2011 | |
|
Susan is genomineer as een van FINESSE tydskrif se top 20 INSPIRASIE VROUE - 2011. Jy kan vandag vir haar gaan stem - kliek net hier!
lees meer...>> |
DIS 2012!!! Hoe gaan dit met jou? Hoe voel jy as jy terugkyk. En hoe voel jy as jy vorentoe kyk? As ek oor my skouer loer besef ek 2011 was ‘n moeilike jaar vir my – dalk die heel moeilikste jaar van my lewe sover. Ek het my ma verloor, net ... lees meer >>
HIer volg die Blog wat Maritza van Maclear, vandag aan my gestuur het – dit was net sooooo ‘n LIG op my pad terwyl ek swoeg en wroeg met die skryf van die derde roman wat ek einde Nov moet inhandig….!!!! Ek deel dit graag met julle girls, dalk vind ... lees meer >>
Kliek hier om deel te wees van die wonderlike projek!
Wil jy ‘n illustrasie met die woord gedagtes in jou huis hang? Bie ‘n bedrag hieronder en jou droom kan waar word!
Vanaf 1 Oktober 2011 tot 2 Januarie 2012 kan jy op jou gunsteling illustrasie in dié boek bie – soveel keer as wat jy wil!
Elkeen van die illustrasies is ... lees meer >>